In ’n ondersoek deur Vouchercodespro.co.uk is bevind ’n verstommende 62 persent van vroue bo 18 wat in die Verenigde Koninkryk woon en langer as ’n jaar in ’n verhouding is, onderbreek stomende seks met hul geliefde om teksboodskappe te lees, oproepe te antwoord en, erger nog, Facebook te bekyk.

’n VoucherCodes-woordvoerder vertel: “Die uitslag van hierdie studie, hoewel dit aanvanklik amusant klink, stel die vraag tot watter mate ons almal al tegnologie toegelaat het om ons lewens te oorheers. Dis veral skokkend dat meer vroue as mans erken dat hulle tydens intieme oomblikke op hul selfone kyk.

“Ja, ons lewens is besig en oorvol werk en persoonlike sorge, maar ons kan darem sekerlik af en toe tyd inruim vir ’n bietjie romanse, sonder die aanhoudende behoefte om op ons selfone te kyk.”