Tucker (53), wat op 42 aanklagte wat met pedofilie verband hou in Brittanje gesoek word, sal na verwagting weer Dinsdag in die landdroshof in Kaapstad verskyn. Al sy slagoffers was jonger as 16 jaar oud.

Hy is in Maart 2016 in hegtenis geneem ná ’n voorlopige arrestasieversoek van Brittanje. Tucker word as een van die mees gesoekte pedofiele in Brittanje beskryf.

Nooit, nooit, nooit. Dit kan nie dieselfde mens wees nie. Hy's ons vriend, hy's ons buurman. Dit kan nie hy wees nie.

Van sy bure in Seepunt, waar hy meer as 'n dekade gebly het, het destyds hul verstomming uitgespreek oor die aanklagte teen hul "wonderlike buurman".

"Nooit, nooit, nooit. Dit kan nie dieselfde mens wees nie. Hy's ons vriend, hy's ons buurman. Dit kan nie hy wees nie," het een van die bure, wat verkies het om anoniem te bly, ná sy inhegtenisneming gesê.

"Hy is so 'n gawe man, 'n uitsonderlike gawe man. Ek kan nie glo hy's 'n gevaarlike pedofiel nie."

Tucker was ook 'n toegewyde fietsryer en het gereeld in Groenpunt se Virgin Active-gimnasium gaan oefen. Hy het ook gereeld 'n gewilde Italiaanse eetplek, Giovanni's, sowat vyf minute van sy huis af, besoek.

Sy oortredings in Brittanje het na bewering in die laat 1980’s en vroeë 1990’s plaasgevind en is in ’n ondersoek na ’n pedofielnetwerk in 1998 in Bristol ontdek.

Die hof in Swindon, Engeland, het Tucker aanvanklik in 2001 tot agt jaar tronkstraf gevonnis, maar die uitspraak is op ’n tegniese punt herroep en opdrag is gegee dat hy op 42 aanklagte van kinderseks herverhoor moet word.

Sy oortredings in Brittanje het in die laat 1980’s en vroeë 1990’s plaasgevind en is in ’n ondersoek na ’n pedofielnetwerk in 1998 in Bristol ontdek.

Drie lede van die netwerk is destyds in hegtenis geneem en van seksmisdade teen jong seuns aangekla.

Tucker het na Suid-Afrika gevlug waar hy helikopters vir toeriste en sakemense gevlieg het. Hy het ook as inligtingstegnologiekonsultant gewerk.

Die netwerk sou na bewering die seuns bedwelm het, soms met heroïen, en hulle in seks en prostitusie dwing.

Tucker het na Suid-Afrika gevlug waar hy helikopters vir toeriste en sakemense gevlieg het. Hy het ook as inligtingstegnologiekonsultant gewerk.

Hy is plaaslik aangekla van minstens 13 voorvalle van die onsedelike aanranding van minderjariges wat volgens die Suid-Afrikaanse strafreg as verkragting beskou kan word.

Tucker se borgtogvoorwaardes, waarvolgens hy in April 2016 op R150 000 borgtog vrygelaat is, het ook ingesluit dat hy ’n moniteringsband om sy enkel moes dra, in sy huis in Seepunt bly en daagliks by ’n polisiekantoor aanmeld.

Op 21 September 2016 het die moniteringsband nie net een keer nie, maar twee keer binne die bestek van drie uur 'n peuteralarm geaktiveer.

Hy moes ook 'n bykomende R5 miljoen-verband op sy huis as sekuriteit bied.

Op 21 September 2016 het die moniteringsband nie net een keer nie, maar twee keer binne die bestek van drie uur 'n peuteralarm geaktiveer. Die moniteringsband is moontlik vir 'n minuut of so van sy enkel afgehaal.

By nadere ondersoek van die toestel is daar merke gevind "soortgelyk aan dié van 'n skroewedraaier".

Beamptes van korrektiewe dienste het eers die volgende oggend na sy huis gegaan en hy is weer in hegtenis geneem.

Hy is in Februarie by alle Virgin Active-gimnasiums in Suider-Afrika verbied.

Veiligheidswenke vir kinders

  • Moet nooit in 'n voertuig klim saam met 'n persoon wat jy nie ken nie.
  • Moenie geskenke van 'n onbekende persoon aanvaar nie.
  • Maak seker 'n volwassene weet altyd waarheen jy gaan en wanneer jy na verwagting sal terugkeer.
  • Moenie die voordeur vir 'n onbekende persoon oopmaak nie.
  • Jou liggaam is privaat en jy het die reg on NEE te sê.

Meld seksuele misbruik van kinders aan

  • SA Polisie-noodnommer: 10111
  • Crime Stop: 08600 10111
  • Childline: 0800 055 555

Bronne: saps.gov.za, pressreader.com, news24.com, iol.co.zathesun.co.uk