Die ouma, wat nog net as Paddy bekend is, het saam met haar veel jonger dansmaat, Nico, ’n salsa uitgevoer. Dit het die beoordelaar Simon Cowell aanvanklik laat grom, maar het hom eindelik op sy voete gekry.

Hoewel die danspassie redelik stadig begin het, het die duo die verhoog aan die brand gedans met toertjies wat die gehoor na hul asem laat snak het.

Die webtuiste huffingtonpost.co.uk berig Simon het ná afloop van die oudisie gesê: “My ma is in haar 80’s en sy kan nog dans, nes Paddy.”

“Sy (Paddy) het ’n ongelooflik inspirerende storie. Ek sal bly wees as sy die hele seisoen wen.”

Kyk Paddy se oudisie en haar reaksie oor haar toekoms in die reeks hier:

– Christiaan Boonzaier