Volgens Sakkie Louwrens, ’n onafhanklike ondersoekbeampte van die Heritage Protection Group (HPG), ’n misdaadbestrydingsorganisasie wat saam met die polisie werk, is die bakkie waarmee drie verdagtes gevlug het, nog nie opgespoor nie. Volgens Sakkie help hul organisasie waar hulle kan.

Sue Howart (64) en haar man Robert Lynn (66) is Sondagoggend vroeg vir ure lank op ’n plaas gemartel voordat hulle langs die pad afgelaai is, berig Netwerk24.

Die egpaar woon glo al 20 jaar in Suid-Afrika.

Sue is in ’n koma in die waakeenheid van die Life Midmed-hospitaal in Middelburg. Robert, wat talle steekwonde opgedoen het en met ’n blaasvlam gebrand is, is ook in dieselfde hospitaal.

Brig. Leonard Hlati, polisiewoordvoerder het aan Huisgenoot bevestig dat die egpaar steeds in die hospitaal is.

“Die polisie is besig om ’n saak van gewapende roof te ondersoek,” het hy gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.