Die Britse komediant en akteur Stephen Fry het Saterdag in Kaapstad aangekom vir die verfilming van die fliek, "The Borrowers".

Die 53-jarige akteur is glo baie beïndruk met die Kaap en het selfs sy lof uitgespreek met die Kaapse studio waar die fliek verfilm word.

Dit was egter Fry se twiet vroeg Donderdagoggend wat Afrikaners se harte warm laat klop het.

Fry, wat meer as 2 miljoen volgers op Twitter het, het die volgende getwiet; “Raining this morning. No exteriors to shoot thank heavens. Ek het goed geslaap, if that makes sense. Maar dit is te vroeg. #afrikaans."

Na bewering het Fry ook al aan droëwors gesmul en was hy mal daaroor.

Volg Huisgenoot op Twitter.