Idris het Maandag gesê vir sy rol in Madiba in Mandela: Long Walk to Freedom het hy baie gelees om die mens te verstaan wat 27 jaar in die tronk deurgebring het onder die apartheidsregering en Suid-Afrika gelei het na ’n nierassige verkiesing in 1994, waarna hy tot president verkies is.

Idris het by die Nelson Mandela-stigting in Johannesburg gepraat. Die fliek, wat op Mandela se outobiografie gegrond is, word einde vandeesmaand in Suid-Afrika uitgereik voor dit in Amerika en elders begin draai.

Intussen verkeer Madiba (95) in ’n kritieke toestand en word tuis in Johannesburg deur dokters behandel. – Sapa