Dis net ’n dag ná die 15de herdenking van die uitreiking van Baby One More Time, die liedjie wat van die sestienjarige Britney ’n superster gemaak het.

In die stomende nuwe video dans Britney, gevolg deur haar dansers, deur verskillende tonele. Hulle is in ’n woestyn, in sprankelende water saam met hamerkophaaie en in wat lyk na ’n klub vir sado-masochiste.

Voor die uitreiking van die video het die sangeres die ure op Twitter afgetel. Later het sy getwiet: “Oorweldig deur al die liefde, liewe genade! Groot soen vir almal van julle & Mr Ben Mor!!! Xxoo #WORKBxxCHVideo”. Ben is die regisseur van die video.

Work Bitch is vervaardig deur die Black Eyed Peas-orkeslid Will.i.am. Dit kom uit Britney se nuwe en nog naamlose album wat op 3 Desember uitgereik word.

Klik op hierdie skakel om na Britney se nuwe musiekvideo te kyk:

Saamgestel deur Petro-Anne Vlok

BRONNE: billboard.com, twitter.com