Britnye7

Die Work Bitch-sangeres het twee seuns, Sean Preston (8) en Jayden James (7), by haar eksman, Kevin Federline, maar wil baie graag ’n dogtertjie hê wat nes sy is.

“Ek wil baie graag nog ’n baba hê, ’n dogtertjie,” het sy aan InStyle gesê. “Ek dink sy sal soos ’n miniweergawe van myself wees. Ek sal nie meer so alleen voel nie. Ek sal voel daar is nog iemand wat nes ek is.”

Britney, wat met David Lucado uitgaan nadat haar en haar verloofde Jason Trawick se paadjies in Januarie geskei het, het ook gesê sy geniet seks terwyl sy swanger is.

“Dit behoort die tyd te wees wanneer jou liggaam die meeste gekoester word; ek is om verskeie redes mal daaroor om swanger te wees, en die seks is ongelooflik.”

Die 32-jarige sangeres het ook gesê sy wens sy het meer vriendinne met babas gehad sodat sy by hulle vir raad kan aanklop. “As ’n ma, gaan jy deur al hierdie situasies waar jy dink: Wat gaan aan? Is dit normaal? Is dit net ’n fase? Of wat is dit? en dan voel jy simpel wanneer jy die vrae vra, want jy is ’n ma. Ek is veronderstel om dié goed te weet, maar ek weet nie. Jy is net ’n mens. Ek wens ek het meer vriendinne gehad wat ma’s is.”