Britney Spears het haar nuwe kêrel aan haar twee seuns voorgestel.

Die 31-jarige sangeres het met David Lucado begin uitgaan kort ná sy haar verlowing aan Jason Trawick in Januarie verbreek het. Hul verhouding is glo al so ernstig, sy wil graag hê Lucado moet haar seuns, Preston (7) en Jayden (6), leer ken.

’n Bron het aan die tydskrif People gesê: “Haar familie het eers seker gemaak dat David ’n goeie invloed is voor hulle toegelaat het dat Britney geheg aan hom raak.

“Die seuns beskou David as ’n lekker speelmaat. Dit was ’n groot stap; sy is baie opgewonde.”

Ná sy en Jason uitmekaar is, is die Scream & Shout-sangers glo toegespits op haar seuns, wat gebore is uit haar huwelik met Kevin Federline, sodat sy van die verhouding kan vergeet.

Britney is terug ateljee toe om nuwe liedjies op te neem wat deur Preston en Jayden geïnspireer is en het laat deurskemer dat sy dalk nuwe musiek gaan vrystel.

Die sangeres het op Facebook gesê: “Ek neem ’n nuwe liedjie vir my seuns in die ateljee op. Hulle gaan mal daaroor wees! So opgewonde!”

- Bang Showbiz