Die sangeres van die treffer Baby One More Time het ’n brief aan haar seuns, Sean Preston (10) en Jayden James (9), geskryf as deel van ’n reeks Letters from Mom vir die tydskrif Time.

“Aan Jayden en Preston, julle is my meesterstukke,” skryf Britney. “Van die dag dat ek die kosbaarste ogies gesien het, het ek onwrikbaar in wonderwerke geglo. God het my ’n groot geskenk gegee om elke dag jul pragtige wêreld te kan verken. Ek bid dat ek as ma julle die krag en passie aanleer om julle deur die moeilike tye te dra. Die meeste gevegte sal altyd op jou knieë gewen word. Ek bid dat julle jul drome sal vind.
“God kom altyd na ons in klein fluisteringe. Ek bid dat julle altyd sy fluisteringe sal vind en die ware betekenis verstaan van jou innerlike stem volg. Glo altyd in jouself en weet dat enigiets moontlik is. Ek bid dat om te droom jul siel sal wakker maak vir onbeperkte moontlikhede. Ek hoop die kosbaarste geheime van die lewe bly altyd by julle en dat julle nooit skaam is vir hoe helder jul liggies werklik is nie.”
Sy skryf verder: “Ek hoop julle leer wanneer julle alleen bid, is julle die naaste aan God en dat julle weet julle is nooit alleen nie; Hy is altyd saam met julle. Ek bid dat julle sal lag, liefhê en uitstyg in jul lewensreis.”

Britney, wat haar seuns by haar eksman Kevin Federline het, was een van nog mammas, onder wie Debbie Reynolds, Amber Rose, Tori Spelling, Peggy Lipton en Laila Ali wat vir die tydskrif briewe vir hul kinders geskryf het.

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Ontmoet Noorweë se vuurwarm ‘Viking’ wat besig is om Instagram te verower

‘Hulle gil, skree en baklei in hul slaap!’: Kenners gee raad as jou geliefdes aan vreesaanvalle snags ly

Allesvernietigende brand lei tot duisende mense se ontruiming in Kanada

Kyk die ongelooflike oomblik toe ’n ongebore babameisie sigbaar in haar ma se maag omrol!