Die sangeres agter die liedjie Work B**** het tydens ’n optrede by die Planet Hollywood-oord-en-casino in Las Vegas aan die gehoor gesê: “Wel, teen dié tyd weet almal my kêrel het my verneuk. Die beste ding van jou kêrel wat jou verneuk het, is dat jy weer op ’n eerste afspraak met iemand kan gaan.”

Britney (32) het gesê sy is op soek na ’n nuwe man in haar lewe. “O my genade, ek het ’n sexy ou nodig. Waar is al die sexy ouens vanaand?”

Dis nie die eerste keer dat sy praat oor haar nuwe enkelloperstatus nie. Sy het verlede maand getwiet: “A, die lewe van ’n enkelloper!”

Britney het glo met haar kêrel van 17 maande, David Lucado, uitgemaak nadat ’n video uitgelek het waar hy met ’n ander vrou dans en haar soen. David ontken dat hy Britney verneuk het en sê hul paadjies was toe al ’n rukkie geskei.

- Petro-Anne Vlok

BRONNE: dailymail.co.uk, ca.celebrity.yahoo.com