Die sangeres Britney Spears het letterlik aan ’n boom vasgesit ná ’n fout op die verhoog tydens 'n onlangse konsert.

Die 34-jarige popster lewer tans uitvoerings as deel van haar konsertreeks Britney: Piece of Me in Las Vegas. Toe sy die naweek op die verhoog verskyn, het sy aan ’n boom vasgesit terwyl sy haar trefferlied Toxic gesing het.

Gelukkig het die vermaakkunstenaar professioneel gebly en gedans en gesing terwyl ’n verhoogwerker haar losmaak van ’n harnas wat gebreek het. Werk dit reg, laat “vlieg” die harnas aan haar lyf Britney oor lede van die gehoor. Maar omdat die meganisme ’n fout gehad het, moes sy aan die boom vas bly.

Nadat die verhoogwerker haar van die harnas losgemaak het, het Britney afgestap met die trap wat aan die boom-rekwisiet vas is en met die vertoning voortgegaan.

Lees ook: Britney slaan die asem weg in eina-bikini

Die voorval is vasgevang op videomateriaal wat TMZ bekom het.

Al is 2016 maar ’n paar dae oud, het die musikant al vele lomp oomblikke beleef. Op Nuwejaarsdag het Britney ’n foto van ’n gesigbesering op Instagram gedeel en haar aanhangers ingelig sy het met ’n paal gebots.

“Goeie môre 2016! Verskoon die klein kneusplek aan my voorkop...Het teen ’n paal vasgedraf,” het sy by die foto geskryf. Intussen het Britney baie om op te fokus namate die nuwe jaar ontvou – onder meer nuwe musiek. Verlede November het die blonde skoonheid deur middel van sosiale media bevestig sy is in die ateljee besig om vars liedjies op te neem. “Werk hard en werk skaars...nuwe album...jippieeee!” het sy op Instagram en Twitter geskryf langs ’n foto van haar en twee vriende wat geheimsinnig lyk.

Britney se album Britney Jean van 2013 het die treffer-enkelsnit Work B***h bevat en die spanpoging saam met will.i.am It Should Be Easy nadat hulle suksesvol saamgewerk het aan sy liedjie Scream & Shout.

Haar konsertreeks in Las Vegas, Britney: Piece of Me, het in Desember 2013 begin en loop amptelik op 22 April vanjaar ten einde.

Lees ook: Vreemdste dinge wat mense al aangevang het in die naam van ‘n wêreldrekord

© Cover Media