Die popster was Donderdag op CBS Radio se oggendprogram Fast in the Morning With Nathan Fast in Dallas, Texas verbasend openlik toe Nathan haar uitvra oor die man was luidens gerugte haar kêrel is.

A photo posted by Sam Asghari (@samasghari) on
Britney het onthul sy het Sam op die videostel vir Slumber Party ontmoet, en bygevoeg: “Ons was besig met die toneel waar ek deur die portaal na die slaapkamer loop en ons het seker 20 minute op ’n slag saam daar gesit en wag. Ons was letterlik daar vasgekeer; dus was ons eintlik genoop om met mekaar te praat.”

A photo posted by Sam Asghari (@samasghari) on

“Hy het geen idee nie . . .,” het sy gesê. “Ek bedoel, hy weet wat my naam is, maar hy ken my nie as mens nie. Hy vra iets soos, ‘Hoe is hierdie meisie?’ en ek het geen idee wie de duiwel hy is nie, jy weet? Ons het oor soesji begin praat en oor dinge waarvan ons hou, en gesê ons eenkeer gaan soesji eet . . . toe sê hy: ‘Oukei, ek sal jou ná die besigheid my nommer gee.’ ” Britney het erken sy het ’n rukkie gewag voor sy Asghari geskakel het.

A photo posted by Sam Asghari (@samasghari) on

“Ek het sy nommer gebêre, en dit was so vreemd. Ek het die nommer seker vyf maande later in my handsak gevind,” het sy al giggelende verklaar. “Ek het iets gedink soos: ’Hy’s rêrig oulik. Hierdie ou is rêrig oulik.’ Toe bel ek hom en sedertdien is hy eenvoudig rêrig pret, ’n prettige mens.”

A photo posted by Sam Asghari (@samasghari) on

Die paartjie is in November verlede jaar die eerste keer saam opgemerk. Verlede Vrydag het die sangeres ’n foto van die model gedeel waarop hy sonder hemp verskyn, met die byskrif wat lui: “Dolle liefde vir hierdie een.”

© Cover Media