Maar daar was geen teken van oortollige vetjies toe Britney haar volmaakte figuur wys op ’n kiekie wat Donderdag tydens ’n gesinsvakansie in Hawaii geneem is nie.

Op die foto poseer Britney in ’n piepklein ligpers bikini wat pas by haar haarpunte wat onlangs gekleur is.

Sy glimlag breed terwyl sy met haar arms om haar seuns, Sean Preston en Jayden James, staan.

Vroeër is beweer die foto’s wat by die video-opname geneem is, het Britney aangespoor om sowat 5 kg te verloor.

“Dit was ’n groot skok en sy het getrou weer begin viets raak,” het ’n bron vandeesweek aan die Amerikaanse tydskrif OK! vertel.

Britney se gewigsverlies is glo danksy ’n streng dieet en strawwe oefenprogram.

Die sangeres was glo in trane toe sy ’n “vetrol” sien uitpeul by ’n kort toppie met ’n luiperdvelpatroon en denimkortbroek wat sy tydens die video-opname aangehad het.

“Sy sal altyd slegte herinneringe van daardie video hê weens die onvleiende steelfoto’s tydens verfilming,” het die bron gesê.

Britney het voorheen die geheime van haar oefenprogram onthul en erken sy moet hard werk om slank te bly.

En sy skryf haar ferm voorkoms toe aan intense sarsies oefening.

“Ek hou daarvan dat my oefensessies in ’n kort tydperk doeltreffend is,” het sy in Desember aan die tydskrif Women’s Health gesê.

“Ek begin met 20 minute intense kardio – gewoonlik draf – en beweeg aan na ligte vrygewigte, liggaamgewigoefeninge soos opstote, hurke en opsitte, en rond dit dan af met strek.”

Britney geniet nou ’n wegbreek in Hawaii saam met haar seuns nadat sy en haar vervaardigerkêrel, Charlie Ebersol, in Junie uitmekaar is.

Sy het ook haar haarstyl vir die vakansie vernuwe deur haar blonde lokke met pers strepies op te vrolik.

© Cover Media