Lady Gaga het weggestap met drie pryse tydens Dinsdagaand se Brit-toekennings in Londen. Tydens haar toespraak vir haar toekenning as beste nuweling het sy met trane in haar oë eer gegee aan die ontwerper Alexander McQueen.

McQueen se dood het verlede week skokgolwe deur die modebedryf gestuur nadat hy glo selfmoord gepleeg het.

Gaga het weer een van haar eksentrieke uitrustings aangehad maar het dinge eenvoudig gehou tydens haar vertoning van haar treffer Poker Face.