As ma’s weet ons dit is belangrik dat jou kinders van die bank opstaan en ’n bietjie buite speel. Maar soms is dit oukei om ’n uitsondering te maak en ’n bietjie op die bank te ontspan vir ’n goeie fliek.

Die vakansie se einde is in sig en in groot dele van die land is dit ysig koud. Watter beter verskoning is daar om ’n paar peuselhappies te gryp en onder ’n kombers op te krul vir ’n klassieke fliek?

Hier is ’n lys van IMDb se top-100-kinderflieks. Kyk die lokprent van een van ons gunstelinge om jou in die bui te kry.