Vandat oudpres. Nelson Mandela op 5 Desember in sy huis in Houghton oorlede is, word sosiale netwerke, radiostasies, koerante en uitsaaidienste oorval deur mense wat hulde aan Madiba wil bring.

Hier is ’n paar plekke waar jy saam met ander blomme kan gaan neerlê ter ere van Nelson Mandela.

Wes-Kaap

  • Voor die Kaapse stadsaal.
  • Voor die Stellenbosse stadsaal.
  • Op Nobel-plein in die V&A Waterfront.
  • Verskeie gemeenskapsale oral in die provinsie. Klik hier vir nog inligting.

Gauteng

  • Voor Madiba se huis in Vilakazistraat, Soweto.
  • Voor Madiba se huis in Houghton, Johannesburg.
  • By die Uniegebou, Pretoria.
  • Sandton Square.
  • Nelson Mandela-brug

Klik hier vir ’n volledige lys van plekke oral in Suid-Afrika waar jy ’n boodskap aan Madiba kan gaan skryf.

Aanlyn

Daar is ook verskeie dienste wat mense kan gebruik om hulde te bring aan Madiba.

  • Faks jou huldeblyk per brief, handgeskrewe nota of skets wat aan die Mandela-familie oorhandig sal word, na 086-406-4444.
  • Deel jou medelye met die Mandela-familie op Huisgenoot se Facebookblad.
  • Skakel Telkom se Mandela-huldeblyknommer om jou boodskap in enige van die 11 amptelike landstale oor te dra. Die oproepe is gratis indien jy van ’n Telkom-landlyn- of Telkom-selfoonnommer bel. Hier is die onderskeie nommers:

Telkom-Madiba-tribute-lines

Jy kan op enige van die volgende webtuistes jou hulde aan Madiba bring. Klik op die skakels om dit te besoek:

Saamgestel deur Shané Barnard