• Hy het op vier vir sy familie begin sing. “My pa het my op die verhoog gesit en ek onthou ek het ’n Elvis-liedjie gesing en dit was genoeg. Vanaf daardie oomblik was ek verslaaf.”
  • Bruno is ook ’n liedjieskrywer/vervaardiger en was die brein agter die treffers Right Round van Flo Rida, Billionaire van Travie McCoy en Waving Flag van K’Naan.
  • Sy raad aan tieners is om hulself te wees. “Jy moet doen wat jy wil om by jou volle positiewe te bly. Jy moet sê wat jy wil sê, dra wat jy wil . . . individualiteit is belangrik.”
  • Daar steek geen waarheid in die gerugte dat hy graag hoed dra omdat hy besig is om bles te word nie, sê hy. “Ek het op hoërskool altyd ’n afro-haarstyl gehad. Dit was reusagtig. Nadat ek dit gesny het, het ek begin hoed dra en kon nie weer die gewoonte afskud nie. Ek dra af en toe ’n bofbalpet, maar meestal ’n fedora. Wanneer ek die hele versameling onthul, sal dit ’n groot storie wees.”

BRONNE: VH1, RAP-UP.COM