Jy gaan dit nodig kry:

  • 1½ k melk
  • 1 eier
  • 2 t vanielje-essens
  • 2 k bruismeel
  • groot knyp koeksoda
  • ? k strooisuiker
  • 1 k bloubessies, vars of bevrore
  • 30 g botter
  • 1 suurlemoen
  • 1 bakkie mascarpone-kaas
  • 1 t vanieljepasta
  • heuning vir voorsit

Maak so:

Klits die melk, eier en vanielje saam. Sif die meel en koeksoda in ’n bak saam en meng die strooisuiker by. Maak ’n holte in die middel en giet die melkmengsel by. Klits tot dit net gemeng is en voeg die bessies by. Verhit ’n groot, kleefwerende pan oor medium-hitte. Sit ’n bietjie botter in die pan. Skep 2 lepelsvol van die mengsel in die pan en bak 2-3 minute of tot borrels op die oppervlak verskyn. Draai om en bak nog 2 minute of tot deurgaar. Verwyder van die pan, bedek met foelie en hou eenkant. Rasper die skil van die suurlemoen in die mascarpone, voeg die vanieljepasta by en meng deur. Bedien die plaatkoekies warm met ’n lepel vol suurlemoen-mascarpone en ’n bietjie heuning.

Nog smullekker resepte

Kliek hier vir nog heerlike resepte van Checkers.