Die swanger Karla Perez (22) het begin Februarie vanjaar met kwaai hoofpyn gesukkel. Nadat ’n slapie nie die simptome kon verlig nie, het sy haar bewussyn verloor.
Volgens die Washington Post het ’n breindood vrou laas in 1999 in Amerika die lewe geskenk.

Dokters by die Metodiste-vrouehospitaal se perinatale sentrum het ontdek sy het intrakraniale bloeding gehad en dat daar niks was wat hulle kon doen om haar te red nie.

Dit was toe nog te vroeg in haar swangerskap vir die fetus om gebore te word en Karla se familie het dokters gevra om die baba te red deur haar aan die lewe te hou. Volgens die Washington Post het ’n breindood vrou laas in 1999 in Amerika die lewe geskenk.

“Ons het iets probeer wat nie baie voor ons kon regkry nie,” het Sue Korth, ondervoorsitter en hoofbedryfsbeampte van die hospitaal, ná die suksesvolle operasie gesê.

Vier-en-vyftig dae en ’n “reuse geloofsprong” later is die baba Angel met ’n keisersnee gebore. Sy ma is twee dae later oorlede.

Die hospitaal sê: “Angel se eerste skree was bittersoet – dit het beteken hy lewe, maar Karla is weg.”

Bron: washingtonpost.com, elitedaily.com, foxnews.com