Hannes van Wyk:

Hoeveel onderhoude het jy al op Bravo! gevoer?

Seker al hier by die 250.

Het ’n bekende jou al ooit stomgeslaan?

Nee, maar toe ons onlangs in Italië was en ek Sophia Loren ontmoet, was ek betower deur haar grasie en sjarme.

Jy was 10 jaar Krynauw in Egoli. As jy ’n onderhoud met hom vir Bravo! kon voer, wat sou jy die graagste wou weet?

Ek sou graag wou weet wat gelei het tot sy groot skuif van mamma se kokkewiet tot ’n groot kokkerot.

Vir nog oor Hannes, hou die Huisgenoot van 27 Februarie dop.

Tracey Lange:

Watter oomblik op die program het jou die meeste laat bloos?

Toe die kameras by die L’Ormarins Queen’s Plate in Kaapstad rol en albei my hoëhakke in die grond vashaak!

Watter onderhoud sal jy nooit vergeet nie?

Die een met Lieb Bester. Hy was so eg, sonder pretensie en was so bereid om oor sy lewe te praat – die gelukkige én hartseer tye. Ek was ná die onderhoud ongelooflik verryk.

Met wie wil jy nog graag ’n onderhoud voer?

Charlize Theron – in Afrikaans!

– Christiaan Boonzaier