Donderdagaand, 31 Desember 2015, se program op kykNET (DStv kanaal 144).

Dieselfde episode word Sondag, 3 Januarie 2016 om 18:30, op kykNET NOU! (DStv kanaal 146) uitgesaai. Bravo is verfilm by Level Three in Johannesburg.

  • Ons vier die nuuslegende RIAAN CRUYWAGEN se verjaardag met ’n baie spesiale episode. Hy het vanjaar 70 geword en ons maak ’n draai by sy partytjie, en kry ook insig in dié bekende man se merkwaardige lewe.

Dit is een wat jy beslis nie wil misloop nie, en dit alles gebeur Donderdagaand, 31 Desember, om 20:00 (kykNET) en Sondag, 3 Januarie 2016 om 18:30 (kykNET NOU!) net op BRAVO!

Die herhalings op kykNET is Vrydag 14:30; Saterdag 22:30; en Sondag 02:30.