Donderdagaand, 17 Desember 2015, se program op kykNET (DStv kanaal 144).

Dieselfde episode word Sondag, 20 Desember om 18:30, op kykNET NOU! (DStv kanaal 146) uitgesaai.

Bravo is verfilm by die Fairway-Hotel, Spa en Gholf-oord in Johannesburg.

Die jaar het ’n paar groot oomblikke opgelewer en vanaand kyk ons weer na drie van die insetsels wat vir ons hier by Bravo in besonder uitgestaan het.

  • Ons reis saam met JAK DE PRIESTER terug na sy tuisdorp, Parys
  • Kuier saam met die voormalige rugbyspeler CABOUS VAN DER WESTHUIZEN op ’n strand in Mauritius
  • En dan kyk ons weer na een van kykNET se hoogtepunte van die jaar: SUPER SKOUSPEL!

Dit is een wat jy beslis nie wil misloop nie, en dit alles gebeur Donderdagaand, 17 Desember, om 20:00 (kykNET) en Sondag, 20 Desember om 18:30 (kykNET NOU!) net op BRAVO!

Die herhalings op kykNET is Vrydag 14:30; Saterdag 22:30; en Sondag 02:30.