Donderdagaand, 14 Januarie 2016, se program op kykNET (DStv kanaal 144).

Dieselfde episode word Sondag, 17 Januarie 2016 om 18:30, op kykNET NOU! (DStv kanaal 146) uitgesaai.

Bravo is verfilm by The Cape Town Club in Kaapstad. Ons kyk terug na van die snaaksste FLATERS van kykNET se programme in 2015. Nie net Bravo-flaters nie, maar sien van die grootste blapse wat akteurs en aanbieders op kykNET gemaak het. ’n BAIE snaakse halfuur. Dit is een wat jy beslis nie wil misloop nie, en dit alles gebeur Donderdagaand, 14 Januarie 2016, om 20:00 (kykNET) en Sondag, 17 Januarie 2016 om 18:30 (kykNET NOU!) net op BRAVO! Die herhalings op kykNET is Vrydag 14:30; Saterdag 22:30; en Sondag 02:30.