Donderdagaand, 10 Desember 2015, se program op kykNET (DStv kanaal 144).

Bravo is verfilm by die Thatchfoord-lodge in Johannesburg.

  1. MILAN MURRAY maak die skuif van aktrise na kinderboekskrywer
  2. Ons maak ’n draai by die HALLELUJA, MODE en GENADE-funksie in die Paarl.
  3. En dan is dit tyd om te sien wie die tydskrif TUIS se wenners in hul Fixit met Flair-kompetisie is

Dit is een wat jy beslis nie wil misloop nie, en dit alles gebeur Donderdagaand, 10 Desember, om 20:00 (kykNET) en Sondag, 13 Desember om 18:30 (kykNET NOU!) net op BRAVO!

* Die herhalings op kykNET is Vrydag 14:30; Saterdag 22:30; en Sondag 02:30.