Hair

Prof. Nonhlanhla Khumalo van die Universiteit van Kaapstad sê blootstelling aan hoë vlakke van ’n chemikalie wat in haarsalonne gebruik word, kan oor die lang termyn ernstige gesondheidsgevare inhou.

’n Nuwe verslag toon die gewilde sogenaamde Brasiliaanse droogblaastegniek behels die gebruik van hoë vlakke van die giftige stof formaldehied.

Nonhlanhla waarsku chroniese blootstelling aan formaldehied word met respiratoriese en bloedkankers verbind.

Sy sê toetse toon die chemiese behandeling skei giftige gasse af wanneer hitte daarop aangewend word.

“Toe ons die produkte toets, wou ons uitvind of mense aan die wette oor die toegelate konsentrasie voldoen, en ons bevindinge was kommerwekkend.”

Limfome, leukemie en nadelige swangerskapsgevolge is maar ’n paar van die ernstige siektes wat kan ontstaan weens blootstelling aan die chemiese stof.

Die navorsers is dit eens dat ’n giftige gas afgeskei word wanneer hitte op formaldehied op die hare toegepas word.

Nonhlanhla sê veral haarstiliste wat in swak beligte salonne werk, verkeer in gevaar.

Die meeste van die sewe produkte wat getoets is, het na bewering nie formaldehied bevat nie, maar die navorsers het gevind dit is nie waar nie.

Bron: EWN