Die paartjie, wat voorheen gesê het hulle sal eers trou wanneer almal in Amerika dit wettig kan doen, het glo dié week ’n datum vasgestel nadat die Kaliforniese hooggeregshof die klousule in die wet op die beskerming van huwelike geskrap het waarvolgens federale voordele gay pare geweier word.

Noah Levy, mede-aanbieder van The Gossip Table op VH1, het gesê: “Die troue van die eeu kan hierdie somer plaasvind. Brad en Angelina het ’n datum vasgestel.”

Brad het voorheen onthul sy en Angelina se kinders, Maddox (11), Pax (9), Zahara (8), Shiloh (6) en die vierjarige tweeling Knox en Vivienne, wil graag hê hul ouers moet hul verhouding amptelik maak en afhaak.

Hy het gesê: “Die kinders plaas baie druk op ons. Ons het nie geweet hoe baie dit vir hulle beteken nie en toe, deur verloof te raak, hoe baie dit ook vir ons beteken nie.”

Brad het ook onthul sy verlowing aan Angelina in April 2012 het hom meer as ooit laat glo dat almal die reg moet hê om te trou.