Brad Pitt en Angelina Jolie het onlangs die Calabogie-motorsportpark in Kanada gehuur en die hele dag lank teen mekaar resies gejaag.

Die paartjie het nou wel ses kinders – Maddox (12), Pax (9), Shiloh (7), Zahara (8) en die vyfjarige tweeling, Knox en Vivienne – maar dit lyk of hulle steeds slim planne bedink om tyd saam deur te bring.

Volgens berigte in die koerant The Sun on Sunday het Brad (49) en Angie (38) onlangs die Calabogie-motorsportpark in Kanada gehuur en die hele dag lank teen mekaar resies gejaag, eers in Mustangs en Porsches en toe met motorfietse.

’n Bron het verklap: “Angie het ’n paar weke gelede Kanada toe gevlieg om na moontlike plekke vir die verfilming van haar fliek Unbroken te gaan kyk. Brad en die kinders is saam, maar hulle het besluit om in dié tyd ook alleen gehaltetyd saam deur te bring, en het die Calabogie-renbaan gehuur.”

Dit was ’n lekker verandering vir die paartjie – hulle het glo lank laas resies gejaag, en die uitstappie het “hul adrenalien laat vloei”.

Die ingeligte het bygevoeg: “Hulle het albei lank laas met vinnige motors of motorfietse gejaag. Hulle het nog nie eens met Angie se privaat vliegtuig gevlieg nie. Die uitstappie het die adrenalien laat vloei. Hulle was mal daaroor.”