Die glanspaar Brad Pitt en Angelina Jolie het glo egskeidingsprokureurs gaan sien en ‘n skei-ooreenkoms van £205 miljoen (meer as R2,5 miljard) geteken .

News Of The World berig op hul webwerf die wêreld se beroemdste paartjie het besluit hoe hulle hulle fortuin gaan verdeel en wie toesig oor hul ses kinders kry.

Die fortuin word glo gelyk tussen hulle verdeel en hulle gaan toesig oor die kinders deel, maar dat al die kinders voltyds by hul ma sal bly.

Volgens News Of The World het voorbereidings vir ‘n egskeiding in Desember begin en sal ‘n aankodiging glo binnekort daaroor gemaak word.