Die brandweer moes ’n stoute paartjie uit hul boeie bevry nadat ’n intieme oomblik skeefgeloop het.

Die nooddienspersoneel het twee “verleë” vroue in hul twintigs gehelp nadat die twee by ’n brandweerstasie in Halifax in Wes-Yorkshire ingestap het om hulle te vra om handboeie te verwyder.

“Ons het gedink dis snaaks, maar die meisies het verleë gelyk,” het die bevelvoerder Paul Gyde aan die koerant Halifax Courier gesê. “Die (boeie) het eg gelyk en het waarskynlik die doel gedien.”