’n Tiener moes uit ’n baba se eetstoeltjie gesny word nadat sy daarin vasgesit het.

Die 19-jarige meisie, wie se identiteit nie bekend gemaak is nie, het in die eetstoeltjie vasgesit nadat ’n partytjie op die dorpie Hove aan die suidkus van Engeland handuit geruk het.

“Dit was nie ’n fop-oproep nie. Sy het regtig in die stoeltjie vasgesit en kon glad nie beweeg nie,” het Mark Rist van Sussex se brandweerdiens aan die Daily Mirror gesê.

“Sy sou nooit uit daardie stoeltjie gekom het sonder ons hulp nie.”

-Bang Showbizz