Ongeveer 200 mense, insluitend vrouens en kinders, is ook krities beseer in die voorval. 

Die tenkwa het van die pad gesleep toe die bestuurder beheer verloor het, berig CNN

Ná dié voorval het talle lede van die gemeenskap brandstof in houers versamel. Die tenkwa het kort daarna aan die brand geslaan. 

Dit is nog nie bekend wat die ontploffing veroorsaak het nie, maar volgens The Associated Press of Pakistan het baie mense op die toneel sigarette gerook en hul selfone gebruik om familie en vriende van die ongeluk in kennis te stel. 

“Gegons op ’n selfoon kan ’n brand veroorsaak,” sê Harron-ur-Rasheed, ’n voormalige polisielid van Bahawalpur, aan The Associated Press of Pakistan

Hy het ook gesê dat daar batterye in die tenkwa was wat die brand moontlik kon veroorsaak het. 

Pakistan se eerste minister, Muhammad Nawaz Sharif, het kort ná die voorval sy hartseer uitgespreek oor die verlies van soveel lewens. 

“Die eerste minister het ’n opdrag gegee aan die regering om mediese hulp te verleen aan die beseerdes met brandwonde.

“Hy het ook simpatie teenoor die gesinne uitgespreek en vir die slagoffers gebid," lui ’n uittreksel uit ’n verklaring. 

Bronne: EWN, CNN, The Associated Press of Pakistan