Sy lyk soos ’n klein mummie waar sy in haar hospitaalbed lê, van kop tot tone in verbande toegedraai.

Klein Pippie Kruger veg nog elke dag om oorlewing sedert ’n bottel vuuraansteker op Oujaarsaand in pa Erwin se hande ontplof en die jel 80 persent van haar lyfie verbrand het.

Die helfte van haar wonde het darem al genees. En in Amerika gaan nuwe vel nou met stamseltegnologie van haar gesonde vel gekweek en hier in Suid-Afrika op haar beseerde gesig, bors, arms en bene oorgeplant word.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg ons op Twitter.