Die bure het glo Sondag in die vroeë oggendure gille gehoor en agtergekom die hut is aan die brand toe hulle rook en vuur uit die huis sien kom.

Hulle het probeer om die kinders te red maar kon nie deur die geslote deur kom nie.

Die ma het eindelik teruggekom, maar dit was te laat om die kinders te red, vertel Mbhele. Die brandweer en reddingsdienste was volgens hom ook op die toneel.

Mbele sê ’n ondersoek na kinderverwaarlosing is aanhangig gemaak.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Die ma van die kinders ontvang traumabehandeling en word by ’n plaaslike hospitaal vir brandwonde behandel.

Die vuur is intussen geblus.

“Die gemeenskap moet ophou om kinders alleen by die huis te los, veral in hierdie geval. Die kinders was so jonk. Kinders wat so jonk is moet onder geen omstandighede alleen gelaat word nie. Die situasie kon vermy geword het as die bure kon inkom en die kinders uit die vuur kon help,” sê Mbhele.

Bron: News24