Brad Pitt het reggekry wat menigte sportliefhebbers nog net van kon droom – sy gesig is op die voorblad van Sports Illustrated.

Die 47-jarige Pitt verskyn op die voorblad van die September-uitgawe van die Amerikaanse Sports Illustrated.

In die onderhoud vertel Pitt hoe baie respek hy vir die tydskrif het en hoe opgewonde hy is om op die voorblad te verskyn, het die Mail Online berig.

Sports Illustrated gebruik selde filmsterre op hulle voorblad, maar het Pitt gekies omdat hy eersdaags die hoofrol in ‘n bofbal-film, Moneyball, gaan speel.

Maar volgens Pitt is hy geen kenner as dit kom by bofbal nie.

“Dit is eintlik ‘n skande hoe min ek van die spel weet,” het Pitt gesê.

Klik hier om meer te lees. 

Volg Huisgenoot op Twitter.