Die Franse aktrise Marion Cotillard het Woensdagmiddag laat ’n verklaring via Instagram uitgereik ná bewerings dat haar verhouding met Brad Pitt, haar medester op die nuwe rolprent Allied, tot die verbrokkeling van sy huwelik gelei het.

Sy het geskryf die skinderstories het buite beheer geraak en dit ontstel haar geliefdes, insluitend haar kêrel, Guillaume Canet, die “pa van ons seun en van die baba wat ons verwag”.

Die herrie rondom Angelina en Brad se skeisaak het verlede Dinsdag begin, ’n dag nadat sy die Fight Club-ster om 'n egskeiding gedagvaar het met 'n aanduiding dat "onversoenbare verskille" verantwoordelik is. Brad het kort daarna 'n verklaring uitgereik waarin hy sê hy is hartseer oor die nuus en dat die fokus nou op hul ses kinders gevestig gaan wees. Die paartjie se verteenwoordigers het die media gevra om die gesin toe te laat om die drama privaat te hanteer. Die gerugte dat Brad en Marion 'n affair op die stel van Allied begin het, is gou deur ingeligtes in die binnekring verwerp.

A photo posted by FANPAGE (@marion.cotillard) on

En Marion het dit ook Woensdag onomwonde bevestig dat skindertonge die verkeerde inligting versprei.

“Dit sal my eerste en enigste reaksie wees op die warrelwindnuus wat 24 uur gelede bekend gemaak is en waarby ek betrek is," het Marion geskryf.

"Ek is nie gewoond daaraan om op hierdie soort storie kommentaar te lewer of om dit ernstig op te neem nie, maar aangesien hierdie situasie buite beheer raak en dit die mense wat ek liefhet raak, moet ek praat.

"Eerstens: ek het jare gelede die man in my lewe ontmoet. Hy is die pa van ons seun en van die baba wat ons verwag. Hy is my geliefde, my beste vriend, die enigste een wat ek nodig het.”

“Tweedens,” het sy bygevoeg, “vir diegene wat gesê het ek is verpletter: dit gaan baie goed met my, dankie. Hierdie gesprek ontstel my geensins. En aan al die mediamense en die haters wat so gou is om te oordeel, ek wens julle ’n baie spoedige herstel toe.

"Laastens wens ek van harte dat Angelina en Brad, vir wie ek albei die hoogste respek het, vrede sal vind in hierdie erg deurmekaar tyd.” Cotillard en Canet gaan sedert 2007 uit. Hul seun, Marcel, is in Mei 2011 gebore. Lees Marion se volledige verklaring hier:

This is going to be my first and only reaction to the whirlwind news that broke 24 hours ago and that I was swept up into. I am not used to commenting on things like this nor taking them seriously but as this situation is spiraling and affecting people I love, I have to speak up. Firstly, many years ago, I met the man of my life, father of our son and of the baby we are expecting. He is my love, my best friend, the only one that I need. Secondly to those who have indicated that I am devastated, I am very well thank you. This crafted conversation isn't distressing. And to all the media and the haters who are quick to pass judgment, I sincerely wish you a swift recovery. Finally, I do very much wish that Angelina and Brad, both whom I deeply respect, will find peace in this very tumultuous moment. With all my love Marion Ceci sera la première et seule réaction que j'aurai concernant la déferlante inouïe qui à commencé il y a de ça 24 heures et à laquelle je suis mêlée malgré moi. Je n'ai pas pour habitude de commenter ni de prendre au sérieux le tas d'absurdités déversées à mon sujet mais la situation prenant une telle tournure et affectant des gens que j'aime, je me dois de m'exprimer. Pour commencer, j'ai rencontré il y a quelques années l'homme de ma vie , le père de notre fils et du bébé que nous attendons aujourd'hui. Il est mon amour, mon meilleur ami et le seul homme dont j'ai besoin. Ensuite, à ceux qui me prétendent dévastée, je vais très bien merci. Ce genre d'inventions aberrantes ne m'affecte en aucun cas. Et pour finir, à la "presse", à tous les haters, trolls et consorts qui ont le jugement si rapide je vous souhaite sincèrement... un prompt rétablissement. Ceci dit et un peu plus sérieusement, je souhaite à Angelina et Brad, deux personnes pour qui j'ai un profond respect, de trouver la paix dans ce moment tumultueux. Avec tout mon amour. Marion

A photo posted by @marioncotillard on

© Cover Media