Angelina het in 2013 besluit om haar borste te laat verwyder as ’n voorkomende maatreël nadat sy uitgevind het dat sy die mutasie van die BRCA1-geen dra. Dié geen sou haar risiko vir borskanker vergroot.

In Maart vanjaar het sy weer ’n operasie ondergaan om haar eierstokke en Fallopius-buise te laat verwyder. In ’n poging om ander mense bewus te maak van die gesondheidsrisiko, was Angelina baie openhartig teenoor die New York Times omtrent die operasies.

Die twee sterre, wat ses kinders het, het nou in ’n skaars gesamentlike onderhoud vertel hoe hulle tesame hierdie verpletterende kwessie aangepak het.

"Gedurende die operasies was ek heeltyd bewus daarvan dat hy aan my kant was. En dat dit nie iets was waaroor ek minder vroulik sou voel nie. Hy sou dit ook nie toelaat nie,“ het Angelina aan Tom Brokaw, die gerespekteerde omroeper, verduidelik.

'Gedurende die operasies was ek heeltyd bewus daarvan dat hy aan my kant was'

Die Oscar-wenner, wat haar ma, ouma en tante as gevolg van die siekte verloor het, het gemengde reaksies van die publiek ontvang ná haar aanvanklike groot openbaring, maar Angelina is glad nie spyt oor die manier waarop hulle die saak aangepak het nie.

"Jy weet nooit wat die reaksie gaan wees nie – jy moet eenvoudig self jou keuses in die lewe maak," sê sy. “Ek myne gemaak omdat ek geglo het dit was die regte ding om in my geval te doen.”

"Wat ook al gedoen moet word om die gesin bymekaar te hou en hulle vir so lank as moontlik bymekaar te hou, moet eenvoudig gedoen word,” voeg Brad by oor sy vrou se moeilike keuses.

“Dit was ongetwyfeld haar probleem, en daar is geen kwessie daaroor nie. Dit is ’n angswekende besluit. Daar is baie dinge wat in baie verskillende rigtings kan verkeerd loop.”

© Cover Media