Brad Pitt en Angelina Jolie huur ’n luukse herehuis in Australië teen R370 000 per week.

Die Hollywoodse paartjie besit huise van miljoene rande in Malibu en aan die Franse Riviera. Tog betaal hulle glo ten duurste vir ’n weelderige woonplek in die spogwoonbuurt Bellevue, Sydney. Hulle wil die res van die jaar in die land van die kangaroe bly saam met hul kinders, Maddox (11), Pax (9), Zahara (8), Shiloh (6) en die sesjarige tweeling, Knox en Vivienne.

Will Smith het ook al in die weelderige eiendom, wat 4 029 m2 groot is, tuisgegaan. Die huis het 12 slaapkamers, ’n tennisbaan, swembad, gim en teater.

Die eiendomsagent wat die huis aan die bekendes verhuur, Julie Rogers, het aan die Daily Mirror gesê: “Dis sonder twyfel een van die beste eiendomme in Sydney.”

Angelina berei voorop die tweede rolprent wat sy gaan regisseer, Unbroken. Brad vlieg na verwagting vandeesweek, nadat hy klaarmaak met die verfilming van Fury in Engeland, Australië toe vlieg.