Brad Pitt, sy vrou, Angelina Jolie, en “waarskynlik hul kroos” gaan agt maande in Sandhurst kom woon, berig Beeld.

Dis nog onbekend wanneer hulle intrek, maar Brad gaan glo ’n rolprent hier verfilm saam met sy boesemvriend George Clooney.

Na raming sal hulle sowat R680 000 moet opdok vir ’n huis wat niks minder as spoggerig sal wees nie.

– Christiaan Boonzaier