’n Vragmotor wat bevrore hoenderstukke vervoer het in Suid Kalifornië, het vasgery in ’n ander vragmotor wat bye vervoer het. Die vragmotors het aan die brand geslaan en die hoender het in die vuur gebraai.

Die bestuurders is ongedeerd, maar die trok wat die hoender vervoer het, het heeltemal uitgebrand. Ooggetuies het kort daarna foto’s begin twiet van die stukke gebraaide hoender. Na bewering was dit ’n chaos met die bye wat oral gevlieg het.

Die ongeluk het omstreeks seweuur Maandagoggend gebeur, waarna die snelweg enkele ure lank gesluit was terwyl die toneel opgeklaar is.

Bronne: Yahoo News, Ap, Twitter