Dis amper tyd vir Nasionale Braaidag, wat jaarliks op Erfenisdag (24 September) gevier word. Suid-Afrikaners word aangemoedig om op dié dag saam te braai. Ons het by ’n paar bekendes gaan hoor wat hul planne is en raad gekry oor hoe om die perfekte tjoppie te braai. Kyk ’n bietjie wat sê die WP- en Springbok-rugbyspeler Juan de Jongh, die sanger Bok van Blerk en die kletsrymer Jack Parow.

1. Wat gaan jy doen (en braai!) op Braaidag?

 Juan de Jongh (JDJ): Ek sal definitief vir Braaidag iets op die kole gooi. Ek gaan die aand net lekker kuier saam met vriende omdat dit in die week is. ’n Hoendertjie met ’n skaaptjoppie en knoffelbrood is altyd ’n wenner, met enige soort slaai om dit af te rond.

[caption id="attachment_53061" align="aligncenter" width="478"]Juan de Jongh Juan de Jongh[/caption]

Bok van Blerk (BvB): Natuurlik gaan ek braai. En ek moedig my ondersteuners ook aan om te braai op Braaidag. Ek vier net die dag nie, ek vier ook die bekendstelling van my nuwe album, Steek Die Vure Aan!

[caption id="attachment_53063" align="aligncenter" width="478"]Bok van Blerk Bok van Blerk[/caption]

Jack Parow (JP): Ek gaan definitief braai, ja! Ek like baie van braai, want daar is niks so Suid-Afrikaans soos ’n braai by jou huis saam met jou tjommies en brannas nie.

[caption id="attachment_53064" align="aligncenter" width="478"]Jack Parow Jack Parow[/caption]

2. Deel een van jou braaigeheime met ons

JDJ: Dis altyd baie belangrik om seker te maak jou kole is perfek en is die regte afstand van die rooster. Jou tjoppie móét perfek ge-spice word . . . Ek is lief daarvoor om terwyl hy op kole op die rooster simmer en met die draai te spice. Draai hom aanhoudend om, staan by en gee aandag om die beste resultate te kry.

BvB: Harde musiek en sagte vleis!

JP: Maak seker daar is ’n vlam op die hout

En daar is brannas by die Coke

Vul jou glas op met ys

En drop Parow-braaisous op jou vleis.

3. Gee asseblief een van jou gunsteling-braairesepte – iets wat jy oor die kole kan gaarmaak of ’n gunsteling-bykos.

JDJ: Gebruik altyd Marina-braaisout en worcestersous by jou tjoppie . . . Ek prik my boerewors met tandestokkies en marineer dit voor die tyd sowat drie uur lank in jerepico en bruinasyn. En kry ’n vrou (vrou/vriendin/verloofde/suster/ma, ensovoorts) om jou slaai te berei . . . haha!

BVB: Wildsvleis – eland-steak (kruisskyf of filet). Marineer oornag in suurroom, barbeque spare rib-marinade, suurlemoensap en worcestersous. Braai op warm kole, sit medium rare voor.

JP: Ek gaan dié resep op Braaidag volg:

Bestanddele

  • Lamtjops
  • Parow-braaisous
  • Cheddar
  • Tamatie (groot)
  •  Ui
  • Blatjang
  • Witbrood
  • Botter

Metode

1.    Marineer die tjops in die Parow-braaisous.

2.    Rasper die kaas.

3.    Sny die tamatie en ui in baie dun skywe.

4.    Meng nou ewe veel blatjang en Parow-braaisous in ’n bakkie.

5.    Smeer dan die witbroodsnye met botter en daarna met die blatjang-en-braaisousmengsel.

6.    Sit die cheddar op die gesmeerde snye, dan die tamatie en uie, en dan nog cheddar bo-op (dan smelt die kaas later lekker deur).

7.    Braai die lamtjops eerste en bedruip deurgaans met die braaisous.

8.    Braai nou die braaibroodjie stadig sodat die tamatie, uie en kaas warm is en die broodjie lekker bruin.

Shané Barnard en Suzaan Hauman