braaid-beetroot-salad

(Genoeg vir 6 mense)

Jou benodigdhede: 

4 groot bete, gewas en geskrop

2 uit

3 nartjies

hand vol geroosterde okkerneute

200 g fetakaas

wilderoket

125 ml (½ k) olyfolie

30 ml (2 e) balsemieke asyn

sout en varsgemaalde peper

Sny die beet in dun skywe. Draai die uie in foelie toe en sit op die kole, sowat 45 min. Verwyder van die kole en haal die foelie af; druk die gaar ui uit en kap rofweg. Rooster die beetskywe oor matige kole tot net bros, sowat 30 sekondes aan elke kant. Halveer die nartjies en rooster die oop kant sowat ’n minuut. Pak genoeg roket op ’n bord, gevolg deur die beet. Krummel die feta oor en sprinkel die uie oor. Sprinkel die neute oor en rond af met ’n halwe nartjie. Geur met die sout en peper en sit voor.

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.