• Lewer 18 klein burgers
  • Bereiding: 25 minute
  • Gaarmaaktyd: sowat 10 minute

Vleiskoekies

  • 500 g maalvleis
  • 125 ml (½ k) koljanderblare
  • 1 klein rooi-ui, gerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 30 ml (2 e) heelkorrelmosterd
  • 5 ml (1 t) fyn komyn
  • 15 ml (1 e) fyn koljander
  • 10 ml (2 t) worcestersous
  • 125 ml (½ k) sagte witbroodkrummels
  • sout en swartpeper

Opdiening

  • sowat 18 klein broodrolletjies
  • blaarslaai
  • agurkies
  • tamaties, in dun skywe gesny

Maak so

  • Vleiskoekies: Meng die bestanddele van die vleiskoekies in ’n groot bak en vorm klein frikkadelle daarvan. Laat ’n rukkie rus. Braai die vleiskoekies op matige kole tot net gaar.
  • Opdiening: Halveer die broodrolletjies en rooster dit op matige kole. Rangskik die blaarslaai op die een helfte van die rolletjies en plaas ’n vleiskoekie op elkeen, gevolg deur agurkies en tamaties. Plaas die ander helfte van die broodrolletjie op en steek dit met ’n tandestokkie vas.
  • Sit die hamburgers voor saam met ’n doopsous van mosterd en mayonnaise.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.