(Lewer 12)

Jy benodig:

  • 1 heel Steakhouse Classic-lendeskyf (eksklusief by Checkers)
  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 30 ml (2 e) fyn komyn
  • 15 ml (1 e) fyn witpeper
  • sout na smaak

Maak so:

  • Vryf die olie aan die steak en sny kepe in die vet.
  • Vryf die komyn, peper en sout aan net voor jy die steak op die rooster sit.
  • Braai soos verkies.

Top-wenk:

Die geheim tot ’n perfek gebraaide steak is ’n vuurwarm rooster.

- Jenny Morris