Bouwer Bosch, van Straatligkinders en Dans Dans Lisa-faam, is besig om sy solo-loopbaan af te skop.

Terwyl hy aan sy nuwe album werk, hou hy ons op hoogte van enige verwikkelinge met spesiale digitale dagboekinskrywings.

Met die hulp van moderne tegnologie het Bouwer reeds 'n onderhoud met homself gevoer en selfs 'n duet met homself gesing. (Of is dit eintlik 'n solo?)

In sy splinternuwe inskrywing vir hierdie week vat Bouwer die musiekbedryf se grootste geheim aan...auto-tune!

Kyk die nuutste episode hier: