’n Bouaannemer in Belize, ’n landjie aan die noordooskus van Sentraal-Amerika, het ’n groot deel van ’n 2 300 jaar oue Maja-piramide verwoes en die vergruisde klip gebruik om ’n pad te lê, berig The Huffington Post.

Hoewel die maatskappy erken hulle het stootskrapers gebruik om groot hompe uit die piramide in die land se Nohmul-gebied te hap, het hulle glo nie besef wat dit is nie en dele daarvan per ongeluk in puin gelê.

Volgens Jaime Awe, die hoof van Belize se Instituut vir Argeologie, is dit sommer ’n bogstorie.

“Dié ouens het geweet dis ’n oer oue bousel. Dis net vervlakste luiheid,” sê Jaime.

“Hul onkunde en ongevoeligheid is ongelooflik . . . hulle het dit gebruik om ’n pad te vul. Dis net so erg soos om in die maag geslaan te word; dis afskuwelik.”

Volgens Belize se polisie kan die maatskappy strafregtelik vervolg word, veral omdat die piramide en soortgelyke bousels in die land aan die regering behoort. ’n Ondersoek is reeds van stapel gestuur.

Om te kyk hoe stootskrapers dele van die piramide verwoes klik hier:

Dalk kan ons dié video “embed”?

http://www.youtube.com/watch?v=veiPJOGUWDU