Verskeie nooddienste, asook die brandweer het Saterdag hulp verleen op die toneel nadat ’n sportnutsvoertuig teen ’n ligte voertuig gebots het.

Die ongeluk het omstreeks 12:00 op die N1 Suid naby die R21-wisselaar in Pretoria plaasgevind. Dit is onseker wat die ongeluk veroorsaak het. Geen ander beserings is aangemeld nie.
Die pad is voorlopig gesluit vir verkeer.

Bronne: Netcare911, arrivealive.co.za