’n Vrou is dood en haar man en twee kinders ernstig beseer toe hul voertuig Sondagaand van die pad af geloop en teen ’n boom gebots het in Hillcrest, KwaZulu-Natal.

[caption id="attachment_173888" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie. Foto: Netcare911 Foto ter illustrasie. Foto: Netcare911[/caption]

Die gesin het omstreeks 21:14 op die M13 net duskant Kassier-weg gereis toe die ongeluk gebeur, het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.

“Paramedici het met hul aankoms op die toneel ’n meisie van sowat ses jaar gevind wat uit die wrak gegooi is. Sy het ernstige beserings opgedoen en was onder die voertuig vasgepen. Die ma is ook uit die voertuig geslinger en het op die toneel gesterf. Die pa en ’n meisie van sowat 10 jaar was nog in die voertuig vasgekeer en in ’n ernstige toestand.”

Die drie is op die toneel behandel en na ’n nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling geneem.

Bron: News24