Die Amerikaanse onderneming Lollyphile het dié lekkergoed vir kinders en volwassenes geskep. Maar pleks van regte borsmelk gebruik, het die stigter van die onderneming, Jason Darling, probeer om die “bevredigende geur” vas te vang deur soet amandel en ’n romerige basis te gebruik.

Jason het gesê: “Mense dink óf dis snaaks óf grillerig. Vir die laasgenoemde vra ek: Hoekom is mensmelk grillerig, maar koeimelk nie?”

Al loop die suigstokkies, wat geskik is vir veganiste en suiker, mieliestroop en ander natuurlike geurmiddels bevat, onder kritiek deur, het Lollyphile al duisende dollar uit bestellings verdien. Die borsmelkgeur-suigstokkies kos R100 vir vier.

Lees ook:

Is borsmelk die nuwe superkos?