Nuwe ma’s in China verdien tot R180 000 per jaar deur hul borsmelk aan volwassenes te skenk.

Vroue in die provinsie Shenzhen sit goed daarin nadat borsmelk ál gesogter begin word het omdat sekere volwassenes glo dit sal hulle gesonder maak.

Die aanvraag is so groot dat Lin Jun ’n borsmelkagentskap begin het; hy betaal jong ma’s minstens R12 750 per jaar om hul melk aan hul welgestelde klante te skenk.

Hy vind geskikte kandidate, wat ná ’n onderhoud agt maande lank in die klante se diens is as skoonmakers, kokke of babaoppassers . . . nie ’n woord word gesê oor borsmelk nie.

Hy het aan die Shaghai Daily gesê: “Borsmelk is die beste tonikum, veral vir mense wat groot operasies ondergaan het. As dit nodig is, drink die klante selfs aan die jong ma se bors.”